Geskiedenis

‘n Droom is verwesenlik die dag toe Bambi in 1961 as ‘n opvoedkundige inrigting by die Transvaalse Onderwysdepartement (TOD) geregistreer is – die eerste kleuterskool in die omgewing wat nou as Centurion bekendstaan.

Me. Charlotte Griesel (neé Van Rensburg) het in samewerking met ‘n paar ouers die gemeenskapskleuterskool gestig. Met fondsinsamelingsprojekte, skenkings van ouers en besighede in die gemeenskap, is die skool gebou.

Die skool se naam is afgelei van die gewilde bokkie van Walt Disney-faam, Bambi. Die koper Bambi-embleem wat nou nog by die ingangsportaal pryk, het die skool se naam met trots aangekondig. Dit is ontwerp en geskenk deur die kunstenaar Herman Bakker.

Die skool het vinnig uitgebrei en daar het vinnig ook ‘n behoefte vir ‘n tweede skool in Wierdapark ontstaan. Die ouers het weer ingespring om genoeg fondse in te samel en in Januarie 1977 het Bambi Wierdapark sy deure geopen.

Die twee skole het saam onder die vaandel van die Centurion Kleuterskool Vereniging bestaan.

In November 2013 het die twee skole se paadjies geskei. Bambi Lyttelton staan nou bekend as Bambi Kleuterskool.

Elke hoof by Bambi Kleuterskool het nou met die vorige hoofde saamgewerk, wat as mentors die liefde en empatie vir Bambi oorgedra het.

Visie

Bambi wil ‘n voorloper bly, deur onafhanklik en volhoubaar ‘n veilige omgewing te bied, waar kinders in liefde en geborgenheid, uitnemende opvoeding en onderrig kan ontvang.

“Terugvoering oor toppresteerders by skole bevestig dat leerders van Bambi Vandag se kleuters, môre se leiers is!”

Tydlyn

Kurrikulum

Bambi se kurrikulum is gebasseer op die Nasionale Kurrikulum Beleidsverklaring (CAPS) en die Nasionale Kurrikulum Raamwerk (NCF) met die Christelike leer as basis. Ons vernuwe daagliks en maak ook gebruik van SAOU se kurrikulum.

Bambi se aktiwiteite word rondom ‘n basiese dagprogram georganiseer wat voorsiening maak vir roetine-aktiwiteite, gerigte aktiwiteite en vryspel binne en buite klasse.

Opvoedkundige in-en uitstappies wat tema-verwant is, word ten minste een maal per kwartaal aangebied.

Assessering en evaluering word deurgaans gedoen en vorderingsverslae word aan die einde van die eerste, tweede en vierde kwartale uitgegee.

Ons Leerplan is gebaseer op die Nasionale Kurrikulum Verklaring en die Nasionale Kurrikulum Raamwerk (NCF) met die Christelike leer as basis. Ons vernuwe daagliks en maak ook gebruik van SAOU se kurrikulum. Die emosionele, sosiale, kognitiewe (denke en idees) en motoriese vaardighede van die leerder word progressief ontwikkel. In Graad R fokus Bambi veral op ontluikende lees en skryf, asook die aanleer van basiese wiskundige vaardighede en die ontwikkeling van kreatiwiteit. Alle ander leerareas word geïntegreerd aangebied. Reeds vanaf hierdie ouderdom word leerders georiënteer om leiers te wees wat eerder sal beïnvloed as om beïnvloed te word.

Bambi glo onwrikbaar dat die akademiese ontwikkeling van leerders vanaf 3maande tot ses jaar ons spesialisgebied is. Die skool se opvoedingsfilosofie word weerspieël in die aanbieding van die dagprogram. Emosionele en sosiale stabiliteit is ʼn voorvereiste vir leer.

Fasiliteite

Die skool is 'n pragtige gebou – spesiaal ontwerp as 'n kleuterskool met ruim, goed toegeruste lokale met aparte fantasie-areas en badkamers. Daar is ses klaskamers en 'n aparte doekruil-ruimte vir peuters en babas. Die lieflike groot speelterrein met skaduryke bome, 'n verskeidenheid klim- en klouter-apparate met 'n pophuis en fietsbaan, is elke klein mensie se droom. Oor ‘n tydperk van amper sestig jaar, word fondse voortdurend aangewend om die speelterein ‘n fantasiewêreld vir elke leerder te maak.

Skooltye

DAGSKOOL: 06:30 – 14:00

Bambi se dagskool leerders kan soggens vanaf 06:30 afgelaai word. Ons dagprogram sluit af teen 14:00, en ouers kan hul kinders afhaal tussen 12:30 en 14:00. Leerders word nie voorsien van verversings nie en bring hul eie kosblikkies met 'n toebroodjie en vrug. Gesuiwerde water in elke kind se eie waterbottel word verskaf. Roomys en skyfies word drie keer per week na verversingstyd by die skool verkoop. Ouers kan kies of hulle kinders die snoepie mag gebruik. Bambi se dagskool is gesluit tydens skoolvakansies.

NASKOOL: 14:00 – 17:00

Vir ‘n voldag opsie, bied Bambi se naskool ‘n uitstekende nasorg- en vakansiesorgfasiliteit aan. Die naskoolprogram begin om 14:00, en skop af met ‘n gesonde middagete. Die hek is gesluit tydens middagete tussen 14:00 en 14:30. Naskool leerders moet voor 17:00 afgehaal word.

Buitemuurse Aktiwiteite

Playball

Die doel van Playball is om jong kinders aan konstruktiewe en genotvolle sportdeelname bekend te stel deur verskeie ouderdomsgepaste programme. Al die programme het 'n multi-aktiwiteit benadering, wat 'n bekwame grondslag verseker in al die gewilde sportsoorte wat op skool gespeel word.

Kontak vir Salomé by 082 497 6814

Monkeynastix

Ons kreatiewe en interaktiewe benadering tot beweging moedig kinders aan om te leer en te ontwikkel in 'n veilige en prettige omgewing! Monkeynastix is 'n breë-gebaseerde, holistiese program wat kreatiwiteit en musiek kombineer met basiese opleiding in soepelheid, balans, krag, behendigheid, koördinasie en liggaamsbewustheid.

Kontak vir Lynette by 083 302 2411

Swimrite

Swimrite is 'n landwye swemprogram wat kinders onderrig en aan vaardighede bekendstel wat nodig is vir selfversekerde en bekwame deelname aan alle wateraktiwiteite. Die vermoë om te swem is 'n baie belangrike deel van 'n kinderontwikkeling, nie net vir die genot wat dit meebring nie, maar om hul veiligheid te verseker.

Kontak vir Salomé by 082 497 6814

RSD Rugby

Die RSD-program leer kinders om aan te pas en in 'n spanomgewing te werk na 'n gemeenskaplike doel met medespelers en afrigters, en dat kommunikasie die beste manier is om probleme op te los. Die vasberadenheid en doelwitstellings-vaardighede wat deur die RSD-program aangeleer word, kan na die klaskamer oorgedra word.

Kontak vir Chris by 079 496 4597

Abra-ka-drama Drama School

Drama is ‘n prettige aktiwiteit wat jou kind help met persoonlike ontwikkeling d.m.v. spel! Drama help met emosionele intelligensie, spraak, fisiese beheer, kreatiewe denke, selfversekerdheid, konsentrasie, koördinasie, waarneming em improvisasie.

Kontak vir Ilona by 072 536 2613

Helen School of Dancing

Helen School of Dancing bied klasse aan in ballet vir kinders vanaf 3 jaar oud. Ballet ontwikkel koördinasie, balans, selfversekerdheid en bied natuurlik goeie oefening ook. Kinders leer ook om instruksies te volg, asook dissipline deur nuwe posisies aan te leer. Klasse word by Bambi Kleuterskool aangebeid op Woensdag oggende.

Kontak vir Helen by 082 815 3952

Fisioterapeut

Hannalie Rossouw is 'n fisioterapeut gebaseer in Centurion. Sy het by die Universiteit van Stellenbosch gegradueer in B.Sc Fisioterapie. Haar postkurrikulêre opleiding sluit in Dry Needling, verskillende Taping-tegnieke, Kraniosakrale Terapie (Upledger-Institute), Viscerale Mobilisasie (Barral Institute), Spinale mobilisering, Luistertegnieke en sy het ook 'n groot belangstelling in longsiektes in beide volwassenes en kinders.

Kontak vir Hannalie by 083 253 6575