Warning: Undefined array key "options" in /home/edumnzgn/public_html/wp-content/plugins/elementor-pro/modules/theme-builder/widgets/site-logo.php on line 194 ONS SPAN - Bambi Kleuter Skool
Skip to content
By Bambi is ons personeel ‘n span wat in harmonie saamwerk met een doelwit voor oë: ons streef daarna om elke maatjie in liefde te begelei om tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel. Al ons Juffrouens is gekwalifiseerde onderwyseresse en word elk ondersteun deur ‘n geskoolde en ervare assistent. Alle personeel het basiese noodhulp kwalifikasies.
Lieze Brummer
Skoolhoof
Christine Steenkamp
Sekretaresse
Corlien Steenkamp
Onderwyseres
Elmien Pretorius
Onderwyseres
Catharina Louw
Onderwyseres
Sarina Booi
Assistent
Julia Mnguni
Algemene Helper
Elsie Mashele
Assistent
Rosina Mokgaetji
Assistent
Patricia Mthimunye
Assistent
Dina Mokwena
Assistent
Monicca Ramontsha
Assistent
Gladys Maseko
Assistent
Kleinbooi Mahlangu
Nutsman
Andile Mafunye
Sekuriteitswag
Siboniseni Hotshutsha
Sekuriteitswag
Beheerraad
Bambi is ‘n nie-winsgewende instansie en ‘n gemeenskapsskool wat bestuur word deur ‘n Beheerraad. Die raad bestaan uit ouers wat tydens die algemene jaarvergadering deur die skool se ouers verkies word. Die ouerkomitee, bestaande uit vrywillige ouers, is verantwoordelik vir die fondsinsamelingsprojekte om sodoende die skoolfooie bekostigbaar te hou.
Die Centurion Kleuterskool Vereniging (Bambi Kleuterskool) word beheer en bestuur deur die bestuursliggaam. Die Beheerraad bestaan uit verkose lede en die hoof van die skool. Die Beheerraad is die hoogste uitvoerende gesag van Bambi Kleuterskool, onderworpe aan die Grondwet. Die algemene jaarvergadering vind jaarliks plaas en alle ouers van Bambi is stemgeregtigdes op dié vergadering. Tydens die algemene jaarvergadering word die finansiële state bespreek en goedgekeur, alle sake van belang word bespreek sowel as enige nuwe Beheerraadslede bekragtig aan die hand van die Grondwet.